show episodes
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.
 
Loading …
show series
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Tegnologie kan goed of sleg wees - hoe kan die gebruik van tegnologie in die moderne gesin bydra tot 'n goeie of slegte gesinstruktuur?
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Rooi word met 'n hele paar dinge geassosieer, maar romanse bly seker die grootste een... of ten minste die lekkerste. Dames weet reeds geslagte lank 'n oulap se rooi maak mooi!
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Dit gebeur soms dat 'n moderne gesin so modern word, dat hulle verby mekaar leef. Wat is die gevaartekens? Wat kan 'n moderne gesin doen om kwaliteittyd saam deur te bring?
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Ons vier vandag UNESCO se Wêreldradiodag. Van die eerste toetsuitsending jare gelede tot vandag toe het radio 'n groot rol in baie mense se lewe gespeel, veral ten opsigte van sport.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Dis maklik om te sê: “Ons is n moderne familie,” maar wat beteken dit? Ettienne Ludick het by dr. Johan Smith, outeur, spreker en gesinspesialis, gaan aanklop oor hierdie term.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Ons hoor gereeld stories van mense wie se persoonlike inligting in die verkeerde hande beland, maar wat kan jy doen om te keer dat so iets met jou gebeur? Martin Headger praat met Ian Jansen van Rensburg, die hoofstelselingnieursbestuurder by VM Ware, om uit te vind wat ons aanlyn moet vermy.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Het jy al gehoor van blou- en oranjewyn? Christelle van Tonder het by Elsa-Mari Bolhuis van die Simonsig wynplaas gaan hoor wat dit is, en waar dit vandaan kom.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Christo Rossouw het al 'n hele paar items geskep en uitgevind, wat kan bydra tot ons daaglikse lewe. Sue Pyler gesels met hom oor sy jongste skepping, of uitvindsel, en vra hom of hy al aan iets gedink het vir die waterkrisis in die Kaap.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Antoniem wonder wat maak van iemand 'n ster. Hoeveel CD's moet jy verkoop, of hoeveel drieë moet jy druk voor jy sterstatus bereik? En as jy eenmaal 'n ster is, bly jy een, of hoe lank vat dit voor jy weer verskiet?
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Sukkel jy soms om rustig te word? Of om net die oomblik waarin jy jouself bevind, te geniet? Die Dene dink hulle het 'n antwoord hiervoor. Christelle van Tonder het meer gaan uitvind.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Soms ontvang jy 'n SMS- of Whatsappboodskap wat jy glad nie verstaan nie. Jy draai jou kop die kant toe, en daardie kant toe. Jy lees dit onderstebo en agterstevoor, maar niks maak vir jou sin nie. Dis omdat jy nie kubertaal verstaan nie! Daar is deesdae selfs 'n woordeboek en 'n magdom webwerwe wat die woordgebruik vir jou sal verklaar. Ettien ...…
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Tegnologie wat ons daagliks gebruik, speel 'n groter rol in minderbevoorgte gemeenskappe as wat ons dalk mag dink. 'n Ketel is byvoorbeeld nie net daar om water mee te kook nie, dit het 'n simbool vir hoop en welvaart geword. Martin Headger praat met Marlene Kritzinger van The Clothing Bank in Johannesburg om meer uit te vind oor hoe tegnologie ...…
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Die waterkrisis in die Kaap het Suid-Afrikaners kreatief laat dink oor waterbesparing en hoe om water se suiwer. Camilla en David Morrisby het 'n manier ontdek, wat die antwoord kan wees op die waterkrisis in Afrika. - geaktiveerde houtskool. Camilla verduidelik vir Christelle van Tonder dit is.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Moedertaalonderrig word hoog aangeslaan, maar hoe rym dit met die gebrekkige spel- en taalvermoë van mense wat daarby baatgevind het? As dit die vrugte is wat die boom dra, is dit nie dalk beter dat die boom tog maar afgekap word nie?
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Om 'n veganis te wees, het sy voor- en nadele. Dis veral supersterre soos die sanger Bryan Adams wat jare lank reeds voordeel trek uit hierdie leefstyl. Ettienne Ludick kyk na wat veganisme is, en Bryan Adams verduidelik hoekom hy geensins aan vleis raak nie.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
'n Mooi huisplant maak 'n groot verskil aan die voorkoms van 'n vertrek, maar hoe kies jy een? Ettienne Ludick het by Magda de Villiers van 'n kwekery aan die Gautengse Wesrand gaan aanklop vir raad.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Marciel Hopkins, die bekende plus-grootte model, is ook 'n lewensafrigter ná haar stryd met gewig. Sue Pyler hoor by haar wat 'n lewensafrigter doen, en waarom jy een nodig het.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Antoniem dink terug aan die apie op die balie in Wielie Walie, en onthou hoe graag hy die apie in die skoolkonsert wou wees. As volwassene sal hy enige tyd 'n T-hemp koop wat hom verklaar tot die koelste apie in die oerwoud, maar nou het die winkel nie sy "size" nie!
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Januarie is so te sê op sy rug, en baie van ons het 'n voorneme om 'n paar kilogram af te skud. 'n Goeie begin is om skoon te eet. Christelle van Tonder het by dieetkundige Este van Lingen in Johannesburg gaan kers opsteek die konsep van skoon eet.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Ettienne Ludick vertel meer van die onlangse fossielvonds in die Wieg van die Mensdom, Little Foot, wat deur die argeoloog Ronald J. Clark ontdek is.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Ettienne Ludick en Sue Pyler gesels met Jody Hendricks oor sy lewe weg van die mikrofoon af.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Antoniem wonder wanneer mense sal besef dat die vraag na gegradueerdes drasties afgeneem het. Dis g'n wonder hulle kry nie werk nie. Sal jy iemand aanstel wat niks kan doen nie, en 'n buitensporige salaris daarvoor verwag?
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Alles gebeur deesdae aanlyn, selfs hulp wat aan organisasies verleen word. Sue Pyler gesels hieroor met Catherine du Plooy, bedryfshoof van Backabuddy.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Weet jy regtig van watter stoffasie 'n donkie gemaak is? Volgens Inspekteur Veronica van der Merwe van die NDBV is donkies uiters slim, en kan hulle (net soos Wagter by die huis) opgelei word om n paar takies te verrig.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Renmotorbestuurder Monica van der Westhuizen se ma, Petra, is haar inspirasie. Martin Headger het by hierdie enkelma en sakevrou gaan kuier om te hoor hoe sy 'n renmotorbestuurder geword het.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Skaak word reeds vanaf die 6e eeu gespeel. Dis 'n strategiese spel wat met baie konsentrasie gepaard gaan. Selde, indien ooit verander die benadering of tegnologie.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Etiketreëls lyk deesdae baie anders as in die jare vyftig. Koos Louw, wat etiketopleiding in die korporatiewe mark doen, het vir Martin Headger vertel wat die rol van etiketskole is die moderne tyd.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Antoniem het bemoedigende nuus vir matrieks wat swak gevaar of gedruip het. Het jy geweet die wêreld se tien rykste mense het tussen hulle net drie grade?
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Is daar nog mense wat seëls versamel, met elektroniese kommunikasie wat die norm geword het? Ettienne Ludick hoor by 'n versamelaar wat die stand van sake is.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Het jy geweet dat nanotegnologie al deel van ons daaglikse lewe is? Martin Headger het by dr. Manfred Scriba, portefeuljebestuurder van nanotegnologie by die WNNR, gepraat om meer oor hierdie tegnologie uit te vind.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Daar is altyd daai een vriend met 'n gekraakte selfoonskerm, wat nooit reggemaak word nie. Of is jý dalk daardie vriend? Sue Pyler gesels met Jerome Sauls, 'n tegnikus by Wefix op Stellenbosch, oor die proses wat gevolg word om daardie stukkende skerm te vervang.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
In 2000 het dit sowat R4 per liter gekos. Deesdae is dit meer as R14! Die petrolprys bly een van die onderwerpe wat altyd onder bespreking sal wees. Maar hoe word die prys bepaal? En wat beïnvloed die prys? Ettienne Ludick het by Ryk van Niekerk van Moneyweb gaan hoor hoe die prys van hierdie vloeibare goud vasgestel word.…
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
'n Oud-NG predikant het in 'n studiestuk aangevoer dat Kerfsfees soos ons dit vier, gegrond is op heidense feeste ter ere van afgode. Selfs ons tipiese plattelandse kerktoringbakens spruit daaruit. Boonop word kersbome uitdruklik in die Bybel verbied!
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Niemand hou daarvan om te sukkel nie, veral nie in besige kettingwinkels nie, waar die mense mekaar verdring die trollies in alles vasgestoot word. Daar is 'n baie geriflikers manier om inkopies te doen, wat jou boonop geld kan bespaar. Martin Headger het by Jan Vermeulen van MyBroadband gaan hoor hoe aanlyninkopies jou rande kan rek.…
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Tweede Nuwejaar word elke jaar op 2 Januarie in die Kaap gevier. Dis 'n fees van kleure en klanke met die Kaapse Klopse wat Kaapstad se strate invaar. Ettienne Ludick is by Kaap Agulhas waar twee oseane mekaar ontmoet, en gee meer besonderhede oor die vierings op Tweede Nuwejaar. Hy gesels met Faghri Abrahams van Odd Ball Concepts wat deel van ...…
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Ian Wessels illustreer die basiese verskil tussen mans en vroue deur middel van 'n paartjie se dagboekinskrywings op dieselfde dag.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Ettienne Ludick en Sue Pyler gesels met Tharien Oosthuizen oor haar lewe weg van die mikrofoon af.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Ian Wessels deel 'n staaltjie oor slim wat haar baas vang, en vertel van 'n dominee se preek wat lelik misverstaan word.
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Dit is deesdae 'n groot tendens om gesond te eet, maar dit kan soms 'n bietjie duur raak, so wat staan jou te doen? Die eerste stap is om jou eie groente te plant, en te gebruik soos jy dit nodig kry. Hiervoor kan jy dalk 'n akwaponika-stelsel gebruik. Martin Headger het by Jan Vermeulen van MyBroadband gaan hoor wat akwaponika is.…
 
M
Middag op RSG 1 (RSG potgooi)
 
Ian Wessels deel 'n paar grappies ten koste van mans… en vroue.
 
Speed
Series preference
1x
1x
Volume
100%
/

Google login Twitter login Classic login