Lewe Met Ritme

Share
 
Manage series 1196344
By Discovered by Player FM and our community — copyright is owned by the publisher, not Player FM, and audio streamed directly from their servers.
LewenSentrum ontstaan met die openingsdiens van Alberton LewenSentrum op 10 Oktober 1999. Dit was die fisiese geboorte van die nuwe gemeente. Andries Enslin, was 'n pastoor in 'n AGS-gemeente. Hy het van sy bekeringsdae af die begeerte gehad om 'n gemeente te begin. Ongeveer 1995 het hy dit oorweeg om in Alberton 'n gemeente te begin.LewenSentrum is nie verbonde aan enige denominasie nie. Ons is 'n interkerklike onafhanklike gemeente. Die rede hiervoor het te doen met ons bedieningsfilosofie en ons toekomsdrome. Ons begeer om in die toekoms meer gemeentes met dieselfde filosofie te begin. As u ons sou vra wie ons is, sou ons u so antwoord: 'n kerk tussen die Drie Susterskerke en die Pinksterkerke. Ons probeer om 'n middeweg te vind tussen die twee denominasies. Intussen het LewenSentrum bly groei en is daar intussen ook benewens Alberton, gemeentes in Vanderbijlpark, Benoni, Ruimsig, Pretoria, Noordkus (Ballito) en Durbanvill (November 2015) geplant.

8 episodes available. A new episode about every 15 hours averaging 28 mins duration .