show episodes
 
Artwork

1
Court of Opinion

Eric Gonzalez and Michael Sterr

Unsubscribe
Unsubscribe
Monthly
 
We're two guys who never played basketball professionally, but with opinions these good, we probably could have. Undefeated in the court of public opinion. Listen weekly to hear our commentary on the latest rumors, trades, or action on the court!
  continue reading
 
Loading …
show series
 
Prof. Matie Hoffman van Bloemfontein en dr. Nic Erasmus van die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium in Kaapstad vertel van die Aarde se nuwe mini-maan wat in Sutherland ontdek is. Ons beantwoord luisteraarsvrae oor die ratwerk van die sonnestelsel en hoe sterrekundiges teleskoopfoto’s verwerk. In Ruimteraai vra ons hoekom party komete dubbel…
  continue reading
 
Prof. Matie Hoffman en Lafras Smit vertel wat in September se naghemel gesien kan word. Ons praat oor die verskillende maniere waarop die datums van die bloumaan bereken word. Na aanleiding van Hydrosat se onlangse lansering van hulle VanZyl-1 satelliet, luister ons hoe dr. Japie van Zyl destyds hiervan vertel het. In Ruimteraai vra ons wat die oor…
  continue reading
 
Ons verrassingsgas vertel breedvoerig wat die ontplooiing van radioteleskope by SKA behels. Die persoon het in Namibië grootgeword het, en ná skool Meganiese Ingenieurswese op Stellenbosch gaan studeer, en was later toetsingenieur daar. Hy/sy het aanvanklik optiese stelsels vir satelliete ontwerp, was daarna vir 14 jaar by die SALT-teleskoop werksa…
  continue reading
 
Prof. Matie Hoffman praat oor die vreemde konsep van kosmologiese tydrekking, en hoe sterrekundiges ’n slim manier ontwikkel het om dit te meet. Nog ‘n ongewone term is helioseismologie. Dr. Stefan Lotz verduidelik hoe sterrekundiges die binnekant van die Son met hierdie tegniek kon ontleed. Ons luister ook na vreemde klanke afkomstig van die Son.…
  continue reading
 
Nadat Lafras Smit vertel het wat in die Augustus nagte te sien is, herleef ons die gebeure van 30 jaar gelede toe daar ‘n regstreekse TV uitsending van Sutherland was toe 21 brokstukke van ’n komeet Jupiter getref het. Daar word voorspel dat ’n nova binnekort kan verhelder tot blote oog helderheid. In Ruimteraai vra ons: Word die fases op die maan …
  continue reading
 
Jim Adams en prof. Matie Hoffman beantwoord luisteraarsvrae oor China wat deesdae uitstyg as ’n reus in ruimteprogramme, asook ’n voorstel vir ’n innoverende meganisme wat die stof van die sonpanele van marskarretjies kan skoonvee. Hydrosat lanseer binnekort VanZyl-1, vernoem na die satellietmaatskappy se medestigter, dr. Japie van Zyl. Het jy gewe…
  continue reading
 
Het jy al van swerfplanete gehoor? Die span bespreek die onlangse ontdekkings van vryswenende eksoplanete. Hulle verduidelik hoekom die fopnuus boodskap oor die sogenaamde aphelion-verskynsel in jou e-pos se snippermandjie hoort, en beantwoord ’n luisteraarsbrief oor hoekom die aarde se kern ná al die eeue nog nie gestol het nie, en wat die gevolge…
  continue reading
 
Dr. Stefan Lotz van SANSA praat oor die aktiwiteite van die son, veral oor die terugkeer van die sonvlekgroep wat in Mei die skouspelagtige Moedersdag-aurora veroorsaak het. Professor Matie Hofman vertel van antieke ysteritems wat meer waardevol is as hulle goud- en silwer eweknieë. Die rede hiervoor is dat die yster uit die ruimte afkomstig was. O…
  continue reading
 
Ons hoor van ’n onlangse besoek van Jim Adams aan Suid-Afrika, Matie Hoffman aan Kaapstad en Willie Koorts aan Namibië. Hulle bespreek twee interessante ruimtesendings - een waar ’n miljardêr in samewerking met SpaceX, vir ’n privaatsending wil betaal om die Hubble Ruimteteleskoop te diens om sodoende weer sy lewe te verleng. Ons gesels ook oor ’n …
  continue reading
 
Prof. Matie Hoffman beantwoord ’n luisteraarsvraag oor hoe dit moontlik is om die seevlakmeting met ’n akkuraatheid van tot 1 mm te meet. Soos gewoonlik op die laaste Sondag van die maand, vertel Lafras Smit wat ons in Junie se naghemel sal kan sien. Ons hoor ook hoe sy sterrewag werk, en watter kameras hy deesdae die mees fantastiese astrofoto’s m…
  continue reading
 
Ons verrassingsgas het eers ‘n kursus in kinder en jeugsorg gedoen, toe teologie studeer, en uiteindelik ’n meestergraad in hoër onderwys verwerf. Hy is ’n ensiklopedie van die geskiedenis van die enigste stad ooit wat twee internasionale sterrewagte gehuisves het, waarvan een in ’n wildreservaat. Ons praat ook met dr. Stefan Lotz van SANSA oor die…
  continue reading
 
Daar was onlangs ’n gebeurtenis op die son waar vier uitbarstings binne minute van mekaar ontspring het. Dr. Stefan Lotz verduidelik hoe dit gebeur dat sulke statisties onmoontlike kettingreaksies gelei het tot ’n nuwe nis-wetenskap. Ons gesels uitgebreid oor die vloot satelliete wat ons naaste ster, die Son, voortdurend bestudeer. In ons besoek aa…
  continue reading
 
Matie en Willie gesels uitgebreid met Jim Adams oor Boeing Starliner, wat as alles goed verloop, op Maandag 5 Mei vir die eerste keer ruimtevaarders na die Internasionale Ruimtestasie sal neem. Ons gesels ook oor ‘n video van die Juno-ruimtetuig van ‘n lawameer op die maan, Io. NASA het die groen lig gegee vir nóg ’n helikopter, dié keer op een van…
  continue reading
 
Ons sit ons reeks oor die geskiedenis van die Sterre en Planete voort. In die derde deel verneem ons die skoknuus van dr. Japie van Zyl se dood op 26 Augustus 2020, en luister na uittreksels uit ’n huldeblyk-program. Ons ontmoet ook vir Jim Adams, Lafras Smit en dr. Stefan Lotz. In hierdie week se Ruimteraai beantwoord ons die vraag: Wat is die hem…
  continue reading
 
Ons wy die helfte van die program aan huldeblyke vir Hennie Maas, wat op 4 April 2024 oorlede is. In Deel 2 van die geskiedenis van Sterre en Planete, hoor ons weer die stemme van Kobus Olckers en dr. Japie van Zyl. Dr. Stefan Lotz van SANSA in Hermanus vertel van die “weer” op die son en in die ruimte. Hy beantwoord ook vandeesweek se Ruimteraai: …
  continue reading
 
Die span praat oor verduisterings. Ons hoor van verduisteringsjagter Paul Maley, wat die algehele sonverduistering van 8 April oor Amerika vanaf ’n passasierskip gaan waarneem. Matie onthou hoe vegvliegtuie die maan se skaduwee gejaag het om ’n algehele sonverduistering langer uit te rek. Jim Adams vertel hoe NASA ruimtetuie gebou het wat ’n perman…
  continue reading
 
Lafras Smit vertel waarna ons kan kyk in April se naghemel. Willie Koorts neem ons op reis deur die geskiedenis van Sterre en Planete - van ’n oorspronklike 5 minuut lange insetsel in Hennie Maas se Dondagaandskof 23 jaar gelede, tot waar dit ’n volwaardige program geword het. Luister weer hoe Louis Barendse se stem geklink het. Die span vertel ook…
  continue reading
 
Het jy al gehoor van die Toppieshoek Sterrewag buite Pretoria? Dit huisves die teleskoop wat die beroemde ontdekking van die naaste ster aan die son gedoen het. Prof. Matie Hoffman vertel meer van hierdie geskiedkundige sterrewag met ‘n verbintenis met die oudste universiteitsterrewag in die wêreld, wat dateer uit 1633? Dit word gehuisves op ’n ter…
  continue reading
 
Tydens die Voyager-vlugte is ‘n spesiale plaat saam met die satelliete gestuur, wat sekere elemente op die aarde aandui. Ruimtewetenskaplikes is besig met voorbereiding vir ‘n soortgelyke vlug na Europa, een van Jupiter se mane. Wetenskaplikes werk ook aan die ontwikelling van sonpanele wat ‘n duisend keer doeltreffender is as dié wat op aarde gebr…
  continue reading
 
Nagglanswolke is van die hoogste wat daar is. Willie Koorts vertel meer van hierdie interessante verskynsel. ‘n Kernreaktor wat dieselfde soort kernreaksie as die son gebruik, word tans ontwikkel. Die mikpunt is om in Provence, Frankryk, op nywerheidskaal uiteindelik kernenergie te ontwikkel. Die South African Large Telescope is, soos die naam aand…
  continue reading
 
Willie Koorts kyk na die geskiedenis van die twee baanbreker Marsvoertuie, Spirit en Opportunity. Daar is nou vasgestel dat die Arktiese water meer koolsuurgas vrystel as normaalweg. Waarom gebeur dit? Wat is die implikasies? Die Diepruim-netwerk speel ‘n belangrike rol in kommunikasie met ruimtetuie. Die netwerk is geleë in die VSA, Australië en S…
  continue reading
 
Japie van Zyl se helikopter op Mars, het sy laaste vlug onderneem. Japie het destyds in Sterre en Planete gesê dat hy ‘n span het wat die helikopter daar geplaas het, maar ons weet dat dit eintlik sy projek was. Ons praat oor die laaste vlug, en hoe die werkverrigting van die tuig alle verwagtings oortref het. Daar is planne om teleskope op die maa…
  continue reading
 
Die Melkweg is deel van ‘n plaaslike groep, wat weer deel van ‘n tros sterrestelsels is. Matie Hoffman praat oor ‘n besondere sirkelvormige groep stelsels. Japan se ruimte-agentskap, Jaxa, het onlags ‘n tuig na die maan gestuur. Dit het ongelukkig op sy sy beland. Dit beteken dat die sonpanele nie behoorlik kan funksioneer nie.…
  continue reading
 
Toe die Voyager tuie in die sewentiger jare gelanseer is, is ‘n goue plaat saamgestuur. In Sterre en Planete vanaand gesels die span of dié plaat nog enige nuut het in die digitale eeu. Die Voyagers is tans die tuie wat die verste van die son af is. Oudergewoonte is Lafras Smit ook op sy pos om meer te vertel wat in Januarie in die lugruim te sien …
  continue reading
 
A rapid unscheduled disassembly. Dis wat die Amerikaners sê toe die Starship-vuurpyl onlangs ontplof het. Willie Koorts gee ‘n uiteensetting van wat gebeur het. Die tradisionele metode om ruimtetuie aan te dryf is deur middel van vuurpyle. Matie Hoffman verduidelik hoe ‘n groep ruimte wetenskaplikes ‘n motor ontwikkel het, wat aangedryf word deur p…
  continue reading
 
Prof. Heino Falcke is die eerste astrofisikus wat ‘n gravitasiekolk “afgeneem” het. Hy is verbonde aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en die Max Planck Instituut in Bonn. Hy verduidelik hoe dit gedoen is. Die Parker sonsatelliet is in 2018 gelanseer, en is tans in ‘n eliptiese baan om die son teen ‘n snelheid van 636 266 k/h. Jim …
  continue reading
 
Ruimtewetenskaplikes het daarin geslaag om die sagteware van Voyager 2 op te dateer terwyl dit 135 astronomiese eenhede van die aarde af is. Een astronomiese eenheid is 150 000 miljoen kilometer – die afstand tussen die aarde en die son. Wetenskaplikes het met hehulp van 3D-tegnognolie daarin geslaag om ‘n vuurpyl spuitstuk te maak gweldige kragte …
  continue reading
 
Die Psyche-sending het onlangs ‘n tuig gelanseer na ‘n vreemde asteroïde, wat net uit metaal bestaan. Ons vind meer uit van ‘n projek om laserstrale te gebruik om in die ruimte te kommunikeer. Dit wil voorkom of die geld waarmee die Hubble- en Chandra-ruimteteleskope befonds word, aan die opdroog is. Die span praat oor die implikasie van dié verwik…
  continue reading
 
Loading …

Quick Reference Guide