Middag public
[search 0]
More
Download the App!
show episodes
 
Loading …
show series
 
Lammie is beswaard omdat sy swaer, Lewies, hom ontbied het. As die oudste seun, verwag hy meer respek van sy jonger swaer. Lena en Sarel vermoed dat Lammie oor die verwaarlosing van sy kinders deur Krissie aangespreek sal word. Lewies maak ’n voorstel aan Lammie, maar word verras deur sy swaer se teenstand.…
  continue reading
 
Onderweg na Bertha, gewaar Lammie hoe sy jonger broer, Sarel en sy vrou, Lena – met die hulp van sy suster, Krissie – probeer om ’n verhongerde koei weer staande te kry. Krissie roep Lammie eenkant en vra of hy dit nie sal waardeer as sy kinders nie meer gebrek hoef te ly nie. Hulle het woorde en gaan kwaaivriende uitmekaar.…
  continue reading
 
Lammie is besig om ’n meubelstuk in opdrag van Mordecai Fischer, die geslepe winkeleienaar op Sluis, te voltooi. Hy vertel aan Simon, wat voltyds in diens van Fischer is, dat hy op soek is na ’n moeder vir sy kinders. Hy besluit om tien myl te stap om by Dirkie Coetsee te gaan hoor of hy dalk ’n kans staan om haar hand te wen.…
  continue reading
 
Bertha verskil van opinie met Lammie oor die wyse waarop sy swaer die familieplaas bekom het. Lammie ontvang besoek vanuit ’n baie onverwagte oord, maar Bertha maak dit af as sinsbedrog. Sy glo Lammie is net so begaaf soos sy oorlede vader, en sal ’n groot sukses as nutsman in die Sluis-omgewing wees.…
  continue reading
 
Christina se dood het verreikende, negatiewe gevolge vir Lambertus Bredenhand en sy gesin. ’n Dag ná haar begrafnis doen Lambertus (Lammie) se ma, Bertha Bredenhand, ’n voorstel aan die hand waarmee Lammie hom nie kan vereenselwig nie. Tóg gee hy toe dat Ousus haar skoolloopbaan sal moet opoffer.By RSG
  continue reading
 
Loading …

Quick Reference Guide